Iewers in die Laeveld

CONTACT US
Iewers in die Laeveld

Iewers in die Laeveld

IEWERS IN DIE LAEVELD is ‘n interaktiewe sosialemediagroep in die gees van gemeenskapsamehorigheid vir die groter Laeveldgebied en sy mense. Hier kry jy ‘n wye verskeidenheid plasings deur ‘n span wat die sentimente van die Laeveld en sy mense verstaan met inhoud wat die gemeenskap na aan die hart lê. Eenig aan die groep is die gereelde insluiting van die jongste gebeurekalender en kontakplasing van alle gemeenskaps- en kerkorganisasies. Sien hier die jongste plaaslike nuus, skole- en ander gemeenskapsgebeure, doodberigte, die verwagte weer en ‘n openbare gesperksforum oor brandpunte wat in die Laeveld en omstreke belangrik is. Ofskoon, IEWERS IN DIE LAEVELD nie wegskram van handelsnuus nie, kry jy hier ‘n gesonde balans van daaglikse nuus- en wetenswaardige plasings om ons mense te bind en te boei.